Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Wanneer moet ek ophou om saam my kind te bad?

take_baths_with_your_kids_pm-thumb-270x270

Saam-bad geleenthede kan baie spesiale en pret tye saam wees, veral vir jou en baba omdat dit ‘n kalmerende effek op jou kleinding kan he, maar daar kom ‘n tyd wanneer jou kind privaatheid en onafhanklikheid nodig het tydens badtyd.

Meeste 3 jariges het ‘n goeie begrip van geslags verskille en begin nuuskierig raak oor die verskille tussen geslagte. Teen die ouderdom van 5 ontwikkel jou kind geslags konsekwentheid en begin hy verstaan dat ‘n dogtertjie eendag ‘n vrou sal word en nie ‘n man nie en dat selfs as ‘n dogtertjie ‘n broek dra of kort hare het dat sy steeds ‘n dogtertjie bly.  Teen 7-jarige ouderdom is die konsep van persoonlike privaatheid goed gevestig.

Dit is belangrik dat jy die tekens dophou wat jou kan help om te besluit wanneer om saambad tye te stop. As jou kind sy lyfie begin toemaak as jy in kom, of as hy sy ogies wegdraai as jy uittrek, is dit dalk ‘n goeie tyd om jou kind meer privaatheid te gee tydens badtyd. As jou kind nuuskierig is oor jou geslagsdele wat anders is as syne, weet dat hierdie ‘n normale deel van sy ontwikkeling is en gebruik die geleentheid om jou kind te leer van geslasgverskille en hoe om trots te wees op sy liggaam. Maar die nuuskierigheid kan dalk ‘n teken wees dat hy gereed is vir alleen bad. Kyk ook of jy enige tekens van verleentheid of weerstand sien by jou kind wanneer dit kom by bad tyd of aantrek.

Om te bad saam die ouer van die teenoorgestelde geslag sal waarskynlik vroeer ongemak veroorsaak vir beide jou en jou kind. Meeste kinders ontgroei die behoefte om saam hul ouers te bad teen die ouderdom van 4 of 5, maar elke gesin se gemaklikheid met saambad sal verskil en daarom kan hierdie ouderdomme verskil van gesin tot gesin.

Probeer om die verandering na alleen bad ‘n opwindende tyd te maak vir jou kind. Koop nuwe borrelbad seep, of bad speelgoed en verduidelik aan jou kind dat hy nou ‘n “groot seun” is en daarom nou alleen moet begin bad.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *