Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Waar kom my vleisie vandaan mamma?

Pappa het ‘n bok geskiet en vir sussa vertel waar die biltong wat sy eet vandaan kom. Nou wil sy geen vleis eet nie. Hoe nou gemaak?

eating-meat

Peuters is besig met twee groot ontwikkelings prosesse: om die wereld om hul te eksploreer en om hul eie identiteit en wil te ontwikkel. Deel van jou dogtertjie se eksplorasie van die wêreld, is die besef dat diere en mense sterf. Hierdie kan vir kinders ‘n traumatise ontdekking wees, en dit verduidelik dalk hoekom sy hierdie ervaring as so traumaties ervaar het. Probeer besu raak van die moontlike verse en emosies wat sy ervaar as gevolg van hierdie ervaring en help haar om dit te verbaliser. Toon baie empatie deur byvoorbeeld vir haar te sê “dis baie hartseer as iets doodgaan, né” en “dis okay as jy ontsteld of bang is. Is dit wat jy voel?”. Help haar om te gesels oor wat sy voel en dink.

Gesels ook met haar, op ‘n sensitiewe manier, oor die respek wat vir diere gewys moet word, hoe belangrik diere vir die mensdom se voortbestaan is, hoe dood in die natuur gebeur, en dat diere ook vleis eet vir oorlewing. Help haar om te verstaan dat sy steeds lief kan wees vir diere selfs al word hul geslag vir vleis. Gebruik dalk hierdie tyd om haar bietjie vir bietjie bloot te stel aan die konsep dat alle vleis wat ons eet vanaf diere kom (byvoorbeeld deur vir haar na die vis afdeling in ‘n supermark te neem).

Dit is belangrik om haar kans te gee om hierdie te verwerk. Wees geduldig en gewillig om so gereeld daaroor te praat as wat sy nodig het. Probeer ook ‘n veilige omgewing skep wanneer julle daaroor gesels byvoorbeeld wanneer sy op jou skoot sit of terwyl sy ‘n troos speelding byderhand het. Moenie hieroor gesels voor sy gaan slaap nie, want dit kan dalk lei tot nagmerries.

Moet haar op geen stadium forseer om te eet wat sy nie wil nie. Omdat sy ook besig is om haar eie wil te vestig, gebruik hierdie geleentheid om vir haar te wys dat sy haar eie keuse kan uitvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *