Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Tegnologie en ons verhoudings

Die impak van tegnologie op ons verhoudings

(geskryf vir “Kuier” tydskrif)

Deur Lomé Koekemoer

family

Tegnologie het so deel van ons daaglikse roetines geword. Ek besef al hoe meer dat die bestuur van tegnologie en die impak daarvan op verhoudings is nie iets wat jy vanselfsprekend kan neem nie. Elkeen van ons moet doelbewus die impak van tegnologie op ons verhoudings begin bestuur, juis omdat dit so deel form van ons daaglikse roetine, want as ons dit nie doen nie SAL tegnologie ons verhoudings negatief beinvloed.

Op ‘n manier, was ons wereld nog nooit so in konneksie soos wat dit nou is nie, maar dit is juis heirdie interkonneksie wat ook ‘n groot bedreiging vir ons verhoudings inhou. Hier is ‘n paar redes hoekom tegnologie ons verhoudings negatief kan beinvloed:

  • Interaksies op facebook, twitter of per epos help ons om met die mense om ons te kommunikeer, maar ons kan nie hierdie verruil vir fisiese persoon-tot-persoon kommunikasie nie. ‘n Gedeelde lag met ‘n vriendin kan wondere doen omdat hierdie gebeurtenis help om seker positiewe hormone af te skei in ons brein en ook omdat dit ‘n verdieping in konneksie kan bewerkstellig. ‘n “LOL” per sms kan nie hierdie vervang nie.
  • Ons sien al hoe meer hoe aanlyn kommunikasie metodes gebruik word om person-tot-persoon kommunikasie te vervang wanneer moeilike of konfronsionele boodskappe gedeel moet word. Ons dink dat dit makliker is om slegte nuus per epos of sms te hanteer, maar die uiteinde is meestal verwarring en emosionele diskonneksie.
  • Persoonike interaksies help beide die ontvanger en kommunikeerder om emosionele vaardighede te leer rondom die regulasie van emosies, die lees en verstaan van emosies en die vermoe om emosies in ‘n konstruktiewe manier uit te druk. Hierdie vaardighede word nooit ontwikkel in aanlyn kommunikasie nie en hierdie emosionele vaardighede is absoluut noodsaaklik vir die verdieping van enige verhouding. Dit is juis vir hierdie rede dat die jonger generasie ‘n baie laer emosionele intelligensie het as vorige generasies.
  • Die menslike liggaam en brein is aanmekaar gesit met ‘n daadwerklike behoefte vir fisiese konneksie met ander. Hierdie konneksie is nie ‘n luuksheid nie, dit is iets wat ons nodig het om te oorleef. Wanneer ons onder baie stres is, het ons nodig om te “recharge” en konneksie help ons om dit te doen. Ongelukkig, is tegnologie besig om ons hiervan te beroof. ‘n Simbool van ‘n drukkie in ‘n sms, kan eenvoudig nie dieslefde doen vir ons stres vlakke as ‘n werklike drukkie nie.
  • Volgense navorser Robin Dunbar, kan ons breine slegs 150 vriendskappe hanteer. Wanneer ons hierdie syfer begin oorskry verlaag die diepte van verhoudings aansienlik. Facebook is dus besig om ons vriendskappe in te dring deurdat ons nou ons aandag en kapasiteit moet begin versprei oor 150+ “vriende”. Die tyd wat ons spandeer om al ons vriende se aktiwiteite te volg, boodksappe te stuur, te “tweet” ensovoorts, neem tyd en kapasiteite weg van die vriende en familie verhoudings wat vir ons die belangrikste is.
  • Tegnologie is besig om die invloed wat ouers op hul kinders het te verminder. Hierdie word gesien vanuit ‘n tydsaspek – navorsing wys dat kinders deesdae tot 7 ure per dag op tegnologie spandeer en daarom nie veel tyd (of energie) oor het vir tyd saam hul familie nie- maar dit word ook gesien deurdat kinders ‘n onafhanklike lewe begin leef aanlyn waarvan die ouer nie deel form nie, en waar die ouer beskerming nie teenwoordig is nie.
  • Die pas in vandag se lewe is so vining en vir meeste van ons is tegnologie ‘n manier vir ons om by te bly by hierdie pas. Die ongeluk is dat ‘n selfoon wat altyd eposse ontvang ons raap van kwaliteit tyd met ons gades, kinders en vriende. Ouers wat hul kinders se belangrike sport oomblikke mis omdat hul gou ‘n epos gestuur het, of gades wat uitmis op geleenthede vir konneksie omdat hulle net gou ‘n TV program wou klaar kyk… hierdie is ‘n prentjie van ons daaglikse lewens.

 

Hier is ‘n paar wenke wat kan help om seker te maak dat tegnologie nie by jou verhoudings inmeng nie:

  1. Hanteer moeilike gesprekke altyd aangesig tot aangesig. Moet nooit aanlyn baklei nie
  2. Vestig tegnologie-vrye tye in jou gesin, asook in jou interkasies met vriende
  3.  Plaas ‘n mandjie vir selfone by die voordeur en vra almal in die huis om hul selfone hierin te sit tot na ete
  4. Praat met jou gesin en vriende oor die impak wat tegnologie op jul verhoudings het. Maak dit ‘n gedeelde bewuswordings proses, waarin julle mekaar aanspreeklik kan hou om die impak hiervan te verminder
  5. Oorweeg tegnologie vrye naweke en bele in jul verhoudings vir ‘n hele naweek
  6. Wanneer jy met jou kinders interaksies het, gee vir hulle jou onverdeelde aandag, sonder enige inmenging van selfone, TV’s of rekenaars
  7. Wanneer jy ‘n gesprek met jou gade het, maak ‘n reel dat albei se selfone vir ‘n tydjie gebere moet word. Moenie die telefoon antwoord terwyl julle besig is om te gesels nie en moet ook nie die TV of radio aan los nie. Skep ‘n omgewing wat konneksie aanmoedig
  8. Probeer om nie met ‘n selfoon in die hand bed toe te gaan nie. Gebruik hierdie tyd om met jou huweliksmaat te gesels oor ietsie wat vir jou belangrik is…. Of self beter gebruik hierdie tyd om intimiteit te verhoog.
  9. Maak vir jouself ‘n reel dat jy nie tegnologie middels sal gebruik terwyl jy kuier met jou maat, kinders, vriende of familie nie. Hulle sal vining die verskil sien en self ook hierdie middels weg bere.
  10. Raak bewus van jou behoefte tot menslike (en fisiese) konneksie en skeduleer kuier geleenthede in jou roetine om hierdie behoefte aan te spreek.

Hier is ook ‘n paar spesifieke riglyne vir ouers en die bestuur van tegnologie in hul gesin:

  1. Dit is bewys dat vir jonger kinders, elke uur van TV ‘n groter waarskynlikheid meebring vir konsentrasie probleme, maak dus seker dat TV tyd nooit meer as 60-90 minute per dag is nie.
  2. Maak dit ‘n reel dat jy en jou kind saam tyd moet spandeer deur ‘n pret aktiwtiteit een keer ‘n week waarin geen tegnologie benodig word nie te skeduleer. Kinders van vandag kry nie altyd die fisiese en buite blootstelling wat hulle nodig het vir gesonde ontwikkelings nie, so doen ietsie saam wat fisiese aktiwteit in die buitelug insluit.
  3. Moet nooit digitale tegnologie as kinder opasser gebruik nie. Spandeer kwaliteit tyd met jou kinders. Die interaksies met jou as ouer is uiters belangrik vir hul eie emosionele en kognitiewe ontwikkeling.
  4. Wees ‘n goeie voorbeeld vir jou kinders met die gebruik van tegnologie. Moenie verwag dat jou tiener aanlyn-tyd moet beperk as jy heeldag op die internet is nie.
  5. Leer jou kind die ware betekenis van vriendskap en gesels gereeld met hulle oor die verskil tussen ware vriendskap en aanlyn vriendskap (bv facebook).
  6. Maak etenstyd ‘n spesiale tyd van konneksie waar geen tegnologie toegalaat word nie

One Response to Tegnologie en ons verhoudings

  • Hanti Flynn says:

    Ons het ons lewe lank sonder tegnologie klaargekom, hoekom nou toelaat dat dit huwelike, verhoudings, kommunikasie en lekker kuiers beinvloed? Einstein het die waarheid al in sy tyd gepraat toe hy gese het: Tegnologie gaan veroorsaak dat die wereld eendag vol breinlose mense gaan rondloop. Ek stel voor, gooi alle TV’s, selfone, laptop’s, rekenaars, ipads of ipods of wat ook al so diep in die see dat mens dit nooit weer sal kry nie. Dan sal ons weer ‘n nasie word wat meer tyd sal he vir God en Sy Woord en nie met ons afskeep stiltetye nie. Dan sal ons weer tyd he om te kuier, om te kommunikeer, weer die kuns aanleer om werklik te luister na iemand en nie met jou een oog op die TV voor te gee dat jy baie belangstel in wat die persoon se nie. Ek se: WEG MET ALLE TEGNOLOGIE!!!! Julle kan myne eerste kom vat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *