Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Ouer voortrekkery: hoe om die konneksie tussen peuter en pappa te versterk

happy-father-child

 

 

Dit gebeur dikwels dat peuters mamma verkies bo pappa. Mamma raak moeg om alles te doen en pappa voel uitgesluit en verwerp. Hoe nou gemaak?

‘n Onlangse studie het gewys dat 90% kinders op een of ander stadium ‘n voorkeur vir een ouer bo die ander toon. Dit is dus heeltemal normaal as jou kind ‘n voorkeur vir een ouer bo die ander wys. Hierdie voorkeur gebeur vir verskeie redes. Soms om hul onafhanklikheid te bevestig deur te bewys dat hulle hul eie besluite kan maak. Soms as gevolg van roetine en famiariteit – kinders het gewoonlik ‘n sterker band met die ouer waarmee hulle die meeste tyd spandeer. Soms is dit omdat ‘n kind meer  aangename ervarings met een ouer ervaar. Soms is hul besig om hul ouer se liefde te toets deur te vra” as ek nie aan pappa aandag gee nie of met pappa gemeen is, sal pappa nogsteeds lief wees vir my?”. Maak nie saak wat die rede is nie, dit is belangrik om te weet dat die voorkeur nie ‘n permanent aanduiding is nie en dit is ook gladnie ‘n aanduiding dat een ouer meer bekwaam is as die ander nie.

Daar is tog praktiese dinge wat julle as gesin kan doen om die band tussen pappa en kind te versterk:

  • Gee vir pappa pret take om saam jul kind te doen (slaaptyd stories lees, saam stap ens.)
  • Skep gereeld een-op-een tyd tussen pappa en kind
  • As die verwerping ‘n groot reaksie by mamma of pappa veroorsaak en jul dan vir hom meer (negatiewe) aandag gee, sal hy dit waarskynlik aanhou doen. So reageer eerder kalm met iets soos “pappa bly lief vir jou al wil jy nie nou met my speel nie” of “ek weet dat jy nie nou baie gelukkig is met my nie, en dis okay, ek is steeds lief vir jou selfs al is jy nie lus om vir my liefde te wys nie”
  • Skep daaglikse roetines en bly daarby. Kinders verkies dikwels die ouer waarmee hulle ‘n spesifieke roetines assosieer. As mamma altyd stories lees gaan hy vra dat mamma stories lees. So, kies roetines wat pappa kan oorvat en fasseer dit in sodat hy pappa begin assosieer met ‘n spesifieke roetine
  • Moenie ingee tot die versoeking om in te spring as jou kind huil terwyl hy by pappa is nie. Gee pappa geleentheid om hom te troos en op sy eie manier met hom konneksie te bou
  • Kry maniere om jou man in te sluit by die aktiwiteite wat jy met jou kind doen bv “ek dink pappa sal baie van hierdie boek hou, kom ons vra hom om saam ons te lees”
  • Moet nooit jou kind blameer of probeer skuldig laat voel oor sy voorkeur nie. Dit sal hom net meer onveilig laat voel.
Newsletter Subscription
Receive Lomé's Newsletter