Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Nuwe baba? Hoe nou met jou huwelik?

1858480

Om ‘n ouer te wees is ‘n wonderlike gawe, maar soos meeste nuwe ouers weet kan hierdie ook ‘n moeilike tyd in mens se lewe wees. Slapelose nagte, nuwe roetines en die verantwoordelikheid van ouers wees kan geweldige spanning op die huwelik plaas. Navorsing het bewys dat meeste getroude paartjies ‘n moeilike tyd in hul huwelik ervaar na hul eersteling gebore is. Dit is dus normaal vir jou en jou man om deur ‘n moeliker tyd in jul huwelik te gaan so kort na die geboorte van jul baba. Maar die feit dat dit normaal is, maak dit nie verskoonbaar nie. Julle huwelik is die fondasie van julle gesin se toekoms en daarom is dit belangrik om gedurig deur te investeer aan hierdie belangrike verhouding.

Probeer jou man se perspektief verstaan. Hoe voel dit om in sy skoene te wees? Voel hy dalk soos die derde wiel? Dit is ‘n nuwe transisie tyd vir julle albei, en hy is dalk bekommerd dat hy vir altyd afgeskeep gaan word nou dat kleintjie hier is. Verseker hom van sy plek in jou lewe. Sit gereeld tyd vir hom eenkant en stel belang in sy wereld. Vra ook vir hom om 2 of 3 dinge te lys wat jy kan doen sodat hy minder afsgeskeep voel en probeer om hierdie behoeftes aan te spreek soveel as wat jy kan. Maak seker dat jy hom nie laat skuldig voel oor die feit dat hy ‘n behoefte vir nabyheid het nie. Die manier wat hierdie behoefte aangespreek word kan dalk verander, maar dit is belangrik dat sy behoefte gevalideer word. Dit is dan ook belangrik dat jy jou eie behoeftes aan hom kommunikeer. Help hom om te verstaan hoe hy jou behoeftes kan aanspreek en hoe hy jou kan akkomodeer in hierdie transisie tyd. ‘n Praktiese wenk is ook om baba opassers te kry wat jy vertrou. Dit sal jou en manlief die geleentheid gee om meer gereeld kwaliteit tyd saam te spandeer.

Investeer in jou huwelik en kontak Lomé by 082 453 8132 of lome@guidance2growth.co.za vir ‘n afspraak of jou plek in ‘n verhoudings werkswinkel en gee jou verhouding die voeding wat dit nodig het tydens hierdie tyd van transisie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *