Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Hoe om jou man meer betrokke te kry by kindersorg…

dad-changing-baby-diaper-vert

Om ouer te wees vir ‘n nuwe baba is vir meeste ouers ‘n oorweldigende taak. Meeste mans voel onbekwaam, ongemaklik en onseker wanneer dit kom by baba sorg en dit is normaal. Maar baba het betrokkenheid van albei ouers nodig. Navorsing wys die volgende:

  • Kinders vorder beter akademies as pa meer betrokke in hul lewens is van ‘n vroee ouderdom
  • Seuns wat in ‘n huis grootword waar pa nie baie betrokke is nie, ervaar meer angs emosies
  • Mans wat meer gereeld betrokke is by huis en kinder take word geassosieer met vrouens wat meer geinteresserd is in seks

Hier is ‘n paar wenke vir jou om vir pa meer betrokke met babasorg te kry:

  • Moenie vergeet om tyd op mekaar te fokus nie. As manlief gewardeer en belangrik voel, sal hy meer gemotiveer voel om jou met kleinding te help.
  • Wees simpatiek teenoor jou man en hoe hy hierdie nuwe rol ervaar. Praat met hom oor sy ouerskap vrese en emosies.
  • Moet hom nie die heeltyd regwys as hy met baba werk nie. As hy voel dat hy alles verkeerd doen, gaan hy minder betrokke wil wees en al die takies eenvoudig net oorhandig. Wees eerde ondersteunend in jou kommunikasie voor jy ‘n “ek weet beter” siening inneem.
  • Wanneer hy met baba help, maak seker dat jy vir hom se hoe baie jy dit wardeer.
  • Gesels oor julle skedules en bespreek praktiese maniere hoe julle vir mekaar “vrye tyd” kan gee
  • Besef dat hy ‘n lang dag van werk agter die rug het, en baie moeg huis toe kom. Hierdie is nie ‘n verskoning vir hom om alle baba take weg te wys nie, maar jou empatie daarmee sal ‘n lang pad gaan.
  • Fokus meer op seks. Nuwe pa’s voel dikwels afgeskeep in hul rol as man, en fisiese intimiteit sal die konneksie tussen julle versterk en daarom ook indirek die konneksie met baba.
  • Praat positief oor jou man en veral oor sy rol as pa voor ander mense. Hierdie sal sy vertroue as pa opstoot.
  • Maak pa verantwoordelik vir sekere dele van die roetine, byvoorbeeld badtyd. Baba sal in die begin moontlik daarteen stoei en vir mamma soek, maar hou net aan hiermee.

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *