Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Hoe berei ek my kleinding voor vir ‘n nuwe baba?

parenting_principles_s3_mom_hugging_child

Die koms van ‘n nuwe baba bring baie verandering, dit is dus belangrik dat jy alles moontlik doen om hierdie verandering meer geleidelik vir jou dogtertjie te maak. Praat gereeld met haar oor die baba en wat gaan gebeur wanneer die baba hier is. Fokus op die positiewe, soos die feit dat sy ‘n nuwe maatjie gaan kry. Hoeveel detail moet jy gee? Laat jou kind se vrae oor babas, swangerskap en die tyd na die geboorte jou lei. As jou kind jou vra waar babas vandaan kom, kan jy dit in eenvoudige terme verduidelik byvoorbeeld “die baba bly in mamma se maag en wanneer die baba reg is sal hy uit mamma se maag kom en by ons huis kom bly”. Hier is ‘n paar ander dinge wat jy kan doen om haar voor te berei vir die baba:

  • Wys vir haar fotos van toe jy swanger was met haar en toe sy ‘n baba was.
  • Lees boekies wat handel oor hierdie transisie.
  • Kuier gereeld by vriende of familie wat ook babas het. Dit sal haar help om meer gemaklik te raak met babas en om haar prentjie van babas te begin form.
  • Gee vir haar die geleentheid om baba te voel beweeg en selfs die hartklop te hoor.
  • Nooi haar uit om vir baba te sing en met hom te gesels.
  • Gesels met haar oor hoe dinge gaan werk as baba hier is: waar hy sal slaap, hoe baie hy sal eet, dat jy doeke moet ruil ensovoorts. En praat ook oor hoe sy sal kan help met baba.
  • Vermy groot veranderinge en leer van nuwe vaardighede soos “potty training”.
  • As sy na ‘n nuwe bed moet skuif, doen dit so lank voor die geboorte as moontlik.
  • Praat met haar oor die rol wat sy gaan speel as ou sus.
  • Dit kan help om vir haar ‘n realistiese baba pop te koop om haar te leer om saggies met baba te werk.
  • Belangrikste van alles: spandeer baie kwaliteit tyd met haar.
Newsletter Subscription
Receive Lomé's Newsletter