Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Help jou kind om meer bedagsaam teenoor boetie of sussie te wees

siblings-children

In hul natuurlike en gemaklik staat geniet kinders dit eintlik baie om te deel. Hulle wil veral liefde gee en ontvang met ‘n boetie of sussie. Maar om te kan deel moet ‘n kind ‘n sterk gevoel van konneksie ervaar. Hy moet  geliefd, gemaklik, en veilig voel. Kinders wil nie ander seermaak nie, maar wanneer hulle ‘n breek in konneksie ervaar raak hulle dikwels bang en dan wys hulle gedrag waaroor hulle nie veel beheer het nie. Dikwels word hierdie gedrag getakseer as ‘n persoonlikheids trek of verkeerde gewoonte, maar eintlik is die gedrag ‘n simptoom van ‘n emosionele seerkry wat jou kind probeer  verwerk.

As kinders nie die aandag kry wat hulle nodig het nie, veroorsaak dit ‘n emosionele wond. En die manier wat kinders natuurlik, maar hoogs ongelee, hierdie emosies probeer vrylaat is deur te lag, te huil, te “tantrum”, te bewe en woede uit te spreek.

Die geheim is dus om die onderliggende emosionele behoefte aan te spreek.

Hier is ‘n paar wenke:

  • Skep daaglikse ‘n tydjie wat jy alleen kwaliteit tyd met elkeen van jou kinders spandeer (al is dit net 15 minute).
  • Gebruik speel om jou kind te help om van sy emosionele spanning te verwerk. Fisiese spel is wonderlik terapeuties veral as dit met lag en fisiese kontak gepaard gaan. Hierdie is dikwels lekker aktiwiteite tussen pa en seun.
  • Sit gereeld tyd eenkant om na jou kind se emosies te luister, veral as ‘n “tantrum” ontaard. Gee hom die geleentheid om te huil, te skree, te “tantrum” terwyl jy in konneksie by hom bly en hom gerus stel van jou liefde vir hom. Behou oogkontak en fisiese kontak waar moontlik.
  • Stel ferm limiete, maar benader jou kind altyd met warmte. Uitbarstings van jou kant af kan die emosionele wond verder verdiep.
  • As jou kind ‘n speelding by iemand anders wil gryp, stel die limiet dat hy dit nie nou kan kry nie, en se vir hom dat jy saam hom sal bly terwyl hy wag. Gebruik dan hierdie tyd om hom vas te hou en te troos. Dit sal hom help om die emosionele spanning te verwerk terwyl hy wag vir sy beurt.
  • Onthou, sy groot behoefte is vir konneksie en nie vir die speelding nie. Fokus altyd eerste op die konneksie.
  • Verwag dat jou kind gaan huil, bewe en skree wanneer hy ‘n breek in konneksie ervaar. Help hom om hierdie emosies te verwerk deur na hom te luister en in konneksie met hom te bly terwyl hy “tantrum”. Moenie pakslae gee of uitsittyd forseer nie, want dit gaan net sy gevoel van diskonneksie verhoog.

Enige teken van wreedheid vanaf jou kind teenoor sy boetie kan gesien word as ‘n teken dat hy nie gekonnekteerd of gemaklik genoeg voel om op ‘n bedagsame manier op te tree nie. Addreseer dus die konneksie, want dit sal jou kind se natuurlike sin van bedagsaamheid vrystel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *