Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Grense en Empatie: die wen resep vir jou kleuter se ontwikkeling

img_1181

Deur Lomé Koekemoer

As jy ‘n ouer van ‘n kleuter is, weet jy hoe dit voel om “nee” te sê. Jy voel waarskynlik of jy konstant ‘nee’ moet sê vir jou kleuter. Jou geduld word konstant getoets. Jy begin wonder of dit nie al tyd is vir jou kind om te kan onderskei tussen reg en verkeerd nie. En so begin jy wonder oor die regte manier om grense te stel sonder dat jou kind oorweldig of beperk voel.

n Tweejarige is op ‘n baie interressante ontwikkelingsfase naamliks dié van eksplorasie. Haar grootste behoefte op dié stadium is tweevoudig: i) om toegalaat en aangemoedig te word om die wêreld om haar te eksploreer en ii) om te weet dat sy op jou nabye teenwoordigheid kan staat maak om vir haar veilgiheid te gee in hierdie vreemde nuwe wêreld. Jou kleuter se nuuskierigheid is nou besig om lekker te ontwikkel, so dit is belangrik dat jy haar aanmoedig om haar omgewing te ontdek. Alhoewel jou kind se veiligheid natuurlik baie belangrik is, is daar dikwels heelwat dinge wat jy wel kan toelaat. Reflekteer dus oor dit waarvoor jy ‘nee’ sê, en probeer om gereeld “ja’s” ook vir jou kind te gee, omdat dit haar nuuskierigheid sal aanwakker. Eksploreer ook saam met haar: besigtig die kleure van herfs blare, voel die growwigheid van sand, ruik blommetjies, kyk na allerhande diertjies ensovoorts.

Verder, besef ook dat ‘n tweejarige nog nie werklik die kognitiewe vermoë het om te kan onderskei tussen reg en verkeerd nie. Sy leer nog hoe die wêreld om haar werk en maak baie staat op jou om haar hieroor te leer. Dit is dus belangrik om in hierdie leer proses vir jou kind op ‘n empatiese manier grense te stel. Wanneer jy vir haar moet verduidelik oor onaanvaarbare gedrag kan jy die volgende doen:

  • Herhaal wat sy gedoen of gevra het, sodat sy voel dat jy na haar luister en haar verstaan (bv. “mamma hoor jy wil graag met my grimering speel”)
  • Valideer haar versoek (bv. “mamma kan verstaan dat jy graag met my grimering wil speel, omdat ek ook grimering opsit”)
  • Verduidelik aan haar hoekom hierdie aksie nie aanvaarbaar is nie (bv. “hierdie grimering is vir grootmense en nie vir kindertjies nie”)
  • Gee dan vir haar keuses oor hoe sy hierdie behoefte op ‘n meer aanvaarbare manier kan uitdruk (bv “jy kan kies: ons kan jou naels met kinder naellak verf of jy kan met mamma se grimering borseltjies speel”)
  • Empatiseer met haar ervaring en probeer die situasie van haar perspektief af sien. Haar behoefte is geldig, jy moet haar net help om dit op ‘n meer aanvaarbare manier uit te druk.

 

Kontak Lomé vir meer inligting oor ouerskap sessies of werkswinkels (lome@guidance2growth.co.za of 082 453 8132).

Newsletter Subscription
Receive Lomé's Newsletter