Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Gaan my kind liewer wees vir ouma as vir my?

Vraag: My skoonma kyk vyf dae van die week na my eenjarige, terwyl ek werk. Sy is party dae nie eers bly om my te sien as ek haar optel nie. Ek is bang dat haar eerste woordjie ‘ouma’ sal wees en nie ‘mamma’ nie. Sal my kind liewer vir my ma wees as vir my omdat sy haar so baie sien? Hoe kan ek binding tussen ons aanmoedig?

Jou kind se grootste ontwikkelings behoefte huidiglik is tweevoudig, sy smag na i) warm en ii) betroubare liefde. Haar grootste begeerte is om veilig, verseker en geliefd te voel. Babas op die ouederdom het nie die vermoe om hierdie gevoel van veiligheid vir hulself te skep nie en kyk daarom na hul versorgers om hierdie warmte en veiligheid te verskaf. Wees gerus, dat as haar mamma, sal sy altyd na jou kyk as haar primere versorger, veral as jy die verbinding met jou dogtertjie aanhou koester. Jou rol as mamma is dus om haar te help ontwikkel deur vir haar ‘n veilige en warm omgewing te skep. Die eerste ding wat ek vir jou wil se is “wel gedaan”. Jy het dit reggekry om vir jou liefiekind bedags ‘n veilige omgewing te skep by haar ouma waar sy kan ontwikkel en groei in ‘n omgewing waar sy liefde ervaar. In vandag se tyd is heirdie ‘n baie moeilike taak om te verrig, en jy is ook besig om vir haar te sorg deurdat jy vir haar hierdie omgewing skep.

Tweedens is dit belangrik om te reflekteer oor die vrese en emosies wat jy huidiglik oor hierdie situasie ervaar. Alhoewel dit absoluut normaal is om so te voel, vra jouself af of hierdie in die langtermyn ‘n impak op jou verhouding met jou kind gaan he? Die hoeveelheid tyd wat jy met jou kind spandeer is nie so belangrik soos die kwaliteit tyd wat jy saam haar spandeer nie. Jy het dus volle beheer oor die konneksie wat jy met jou kind kan vorm, en as jy hierop gefokus bly, sal ouma se band met haar nooit kan vergelyk met joune nie. ‘n Kindjie se ingebore instink is om ‘n primere hegte band met haar mamma te form, en om op hierdie band staat te maak regdeur haar lewe.

Hier is ‘n paar wenke om jou te help om die verbinding met jou dogtertjie te versterk:

  • Onthou dat sy nog baie onderontwikkel is in terme van haar kommunikasie vermoe en hantering van haar emosies. Sy gaan dus op jou staatmaak om haar behoeftes raak te sien en te vervul
  • Vra jouself af: “wat is my kind besig om vir my te vertel?”; “wat is haar huidige behoefte?”. “wat kan ek leer van haar gedrag as ek dinge van haar perspektief sien?”.
  • In vandag se besige lewe is ons tyd saam ons kinders dikwels die tyd wat ons ook besig is om kos te maak, TV te kyk, was goed te was of te werk. Hierdie stuur nie die boodksap van konneksie aan jou kind nie. Maak dus gereeld spasie in jou roetine waar jy met jou kind tyd spandeer en net op haar fokus, sonder selfone, TV, rekenaars of ander afleidings.
  • Kommunikeer aan jou kind dat jy gefokus is op haar behoeftes en wil “in tune” na dit wat sy aan jou wil kommunikeer. ‘n Geruste en gehegte kind is ‘n kind wat voel dat haar behoeftes korrek geinterpreteer word en vervul word deur haar mamma.
  • Konnekteer met jou kind deur saam haar te rol, te speel, te sing en te verken.
  • Maak gereeld oog kontak en vertoon warmte en betroubaarheid teenoor haar met jou gesigsuitdrukking, stemtoon en aanraking.
  • Jou kind kyk na jou as ‘n bron van veiligheid en konneksie en as jy te gestres, gefrustreerd of besig is om kalm en teenwoordig te wees vir jou kind, doe jy skade aan die ouer-kind band asook haar eie ontwikkeling en gevoel van veiligheid. Werk dus met jou eie stress en emosies, en wees die bron van kalmte en teenwoordigheid wat sy nodig het.
  • Stel die nodige grense met jou ma om seker te maak dat jy die rol van primere versorger in jou kind se lewe inneem.

Ter aflsuiting, fokus op die goeie dinge wat hierdie reeling vir jou en jou gesin bied. Die oorvloed van liefde wat jou dogtertjie ervaar van beide jou en jou ma, kan haar help om in ‘n standvastige en goed aangepaste kindjie te ontwikkel. “Celebrate” jou rol as mamma, en die veiligheid wat jy reeds vir jou kleinding verskaf!

Newsletter Subscription
Receive Lomé's Newsletter