Email: lome@guidance2growth.co.za
Cell: 082 453 8132
011 794 6383


Medi-Focus, 691 Taurus Avenue, Sundowner

Hartbeespoort Medical Centre
387 Beethoven Street, Hartbeespoort

Emosionele ontwikkeling: wenke om die emosionele band tussen jou en kleinding te versterk

parenting_principles_s3_mom_hugging_child

Gesonde binding ontwikkel as jy die vermoe het om op jou kleinding se behoeftes te reageer op ‘n  betroubare manier. Hierdie gee vir jou kind die boodskap dat hy veilig is en dat die wereld vir hom ‘n veilige plek is. Binding word gebou op die gedeelde aktiwiteite tussen jou en jou kind oor tyd en hierdie versterk die gevoel van konneksie en sekuriteit. Binding is nie iets wat plaasvind in ‘n paar minute nie. Dit is ‘n proses en neem tyd. Ons almal wil glo in liefde op eerste aansig, maar dit is so skaars vir ouers as wat dit vir intieme verhoudings is.

 

Dit is nooit te laat om die band met jou kind te versterk nie, maar dit is noodsaaklik om so gou as moontlik daaraan te werk, omdat hierdie binding jou kind se verwysingsraamwerk sal form vir alle emosionele interaksies in die toekoms. Die emosionele sekuriteit wat ‘n kind ervaar wanneer daar ‘n sterk band tussen hom en sy primere versorger is, is noodsaaklik vir gesonde brein ontwikkeling.

 

 

Hier is ‘n paar wenke om jou te help om die band tussen jou en kleinding te versterk:

  • ‘n Sterk band met jou kind vereis nie dat jy konstant tyd met jou kind moet spandeer nie. Kwaliteit tyd is baie belangriker as kwantiteit.
  • Om te reageer op jou kind se behoeftes beteken nie dat dit altyd onmiddelik sal gebeur nie. Die belangrikste is om sy behoeftes te valideer, sodat hy verseker voel in die wete dat jy sy behoeftes raaksien en verstaan.
  • Dink aan maniere wat jy vir jou kind die boodskap kan gee dat jy hom hoor en dat jy sy behoeftes raaksien.
  • Raak meer bewus van jou kind se unieke maniere om met jou te kommunikeer (mannerisms, gesigsuitdrukkings, geluide ens.). As jy meer hierop fokus, sal dit onmiddelik die band tussen julle versterk.
  • Skep ‘n tyd in jou daaglikse roetine waar jy kwaliteit tyd met jou kind spandeer. Gebruik hierdie tyd om saam hom te speel, te lag en oogkontak te maak. Skakel alle tegnologie af tydens hierdie tyd.
  • Raak bewus van jou eie behoeftes en vra vir hulp met jou kleinding. Jou emosionele en fisiese toestand sal ‘n direkte impak op die band met jou kind he. ‘n Mamma met emosionele en fisiese energie is ‘n mamma wat die kapasiteit het om op haar kleinding se behoeftes te reageer. So, bou dus ‘n sterk ondersteuning struktuur vir jouself op. Kry genoeg slaap, oefen jou liggaam en skep tyd vir jouself om te ontspan.
  • Fisiese aanraking is ‘n taal wat jou kleinding verstaan van ‘n vroee ouderdom af. Masseer jou baba, hou hom gereeld vas. Deel baie drukkies en soentjies uit.
  • Vind maniere om jouself te kalmeer tydens stresvolle tye. Haal diep asem, gaan stap…. enige iets wat jou en baba tyd sal gee om te kalmeer.
  • Gebruik sy daaglikse roetine aktiwiteite as bindings aktiwiteite. Eet, slaap en bad is veral geleenthede om die band met hom te versterk. As hy jou as empaties, teenwoordig en opgewek ervaar sal hy met dieselfde emosies reageer.
  • Praat met iemand oor jou ervaring as ouer. Dit is ongelooflik terapeuties en sal jou toelaat om jou energie tenk weer vol te maak sodat jy voluit teenwoordig kan wees vir jou kleinding.

 

Newsletter Subscription
Receive Lomé's Newsletter